top of page

Hoe kan jy help?

Stepping Into Grace het jou hulp nodig om prostetiese ledemate en ander komponente uit te kry by mense wat dit regtig benodig. Skenkings stel hierdie mense in staat om in 'n groot mate terug te keer na 'n normale lewe, om 'n vol lewe te lei en in baie gevalle weer vir hulle geliefdes deur werk te kan sorg. 

ProcessGraphic_AFK.png

'n Prostetis kontak SIG

Iemand met 'n amputasie benodig 'n ledemaat

SIG skenk die ledemaat

Jou skenking dek verskeping en passing

Die pasiënt leef 'n vol en produktiewe lewe!

Hier is jou aandeel!

The Brink Family

OOR ONS

ONTMOET DIE BRINKS

Flower_transparent2.png

ONS STORIE

Die Stepping into Grace storie begin op 16 Desember 2016 toe Lise Brink, haar man en vyf kinders in 'n motorongeluk was. Twee van hulle kinders (Andre, 13 en Rachel 8) is in die ongeluk oorlede en Lise het haar linkerbeen bokant die knie verloor, was vir 40 dae in die intensiewe eenheid en het veelvuldige operasies gehad. 

Die Brink-gesin het intussen na die VSA verhuis en hulle woon tans in Athens, Georgia. Lise Lise het intussen 'n toekenning vir 'n hardloopbeen ("blade") ontvang van  Amputee Blade Runners (ABR) in Nashville, Tennessee. Deur die gemeenskap van mense met amputasies in die VSA het Lise ook in kontak gekom met ander niewinsgewende organisasies wat prosteses en komponente aan mense met amputasies regoor die wereld skenk.   

Hierdie was die geleentheid waarvoor Lise lank gebid het aangesien sy self aan die ontvangkant was van soveel mense in Suid-Afrika se welwillendheid. Lise het haar kunsbeen in 2017 gratis ontvang deur die "Hardloop vir Lise-veldtog" wat deur die Solidariteit Beweging en Maroela Media bestuur is. Deur middel van SIG is Lise nou in staat om terug te gee aan die mense van Suid-Afrika wat haar deur moeilike tye met gebed en skenkings gedra het.

The Brink Family on a swing

Jy kan meer lees oor Lise se reis op die Facebookblad wat gestig is na die ongeluk asook hier in 'n onlangse artikel wat in 'n tydskrif in die VSA verskyn het.    

Danie & Lise Brink

DIE VISIE

Stepping Into Grace is gebore uit Lise se begeerte om aan die mense in Suid-Afrika iets terug te gee van dit wat sy alles by hulle ontvang het in haar tyd van nood.

In slegs die eerste ses maande van SIG se bestaan kon daar reeds 16 prostetiese ledemate aan behoeftige mense regoor Suid-Afrika geskenk word. SIG het ook reeds baie opwindende vennootskappe gesluit met niewinsgewende organisasies in die VSA wat ledemate en komponente regoor die wereld skenk. SIG is tans die alleenverspreider van hierdie waardevolle skenkings na Suid-Afrika. SIG is vinnig besig om die voetspoor in SA uit te brei en die netwerk van prostetiste groei daagliks. Op hierdie manier word dit groeiend moontlik om in die behoefte van meer en meer mense in SA te voldoen.

bottom of page