top of page
Dandelion Leaves

VAN GENADE

Stories

Dandelion Fields

“Ek was die laaste 20 jaar van my lewe in 'n rolstoel. SIG se skenking het my weer laat loop! ”

A woman with a prosthetic leg sitting on a sofa

ONTMOET ELLA

Ella is 'n 70-jarige dame met 'n bo-knie amputasie. Ella het sedert haar amputasie nog nooit 'n kunsbeen gehad nie en het haar lewe vanuit 'n rolstoel en met krukke gelei. Sy woon in 'n tuinwoonstel in 'n klein dorpie in die Noord-Kaap. Nadat 'n prostotis in Upington na SIG uitgereik het, is 'n kunsbeen vir Ella in die VSA bekom. Danksy 'n skenking van SIG en die welwillenheid van 'n prostotis is Ella vandag weer letterlik en figuurlik op die been.  

A cyclist raising up his bike over his head with a sunset behind him
A man with a prosthetic leg riding a bike

ONTMOET PETRUS

Petrus, was 'n aktiewe, fikse 62-jarige man voor sy amputasie. Voor sy amputasie het Petrus aan die Argus Fietswedren deelgeneem, Nadat Petrus op 'n spyker getrap het is sy been 3 jaar terug geamputeer. Petrus en sy ondersteunende vrou woon in die Vrystaat en oorleef op 'n staatspensioen.

Flower_transparent.png

Stepping Into Grace het aan Petrus 'n kunsbeen geskenk en fondse bygedra vir die passing en alle bykomstige kostes. Op sy verjaarsdag in Julie, 2022 kon Petrus uiteindelik weer loop na 3 jaar. Hy is vol hoop dat hy weer werk sal kan begin doen om vir hom en sy vrou te kan sorg. Hy beplan om sy handewerk by plaaslike markte te verkoop.

Hier is 'n onlangse video van oom Petrus besig om te stap. 

Screenshot 2023-03-24 132339.png

ONTMOET MORNE

ONDER-KNIE SUKSESVERHAAL

Morne het in die lewe ongunstige omstandighede ervaar en die onregverdige deel van die lewe beleef...... Na 'n Onder-Knie amputasie in Desember verlede jaar, was hy verlore en baie onseker oor die pad vorentoe. 

Flower_transparent.png

In 'n poging om iewers inligting en hulp te kry, het Morne en sy Ma by my praktyk beland, en met die hulp van Stepping into Grace kon ons hom help met 'n voet en voering, en vandag het 'n baie emosionele Morne binne 10 minute begin stap nadat ons hom met sy prostetiese been toegerus het. Dit was werklik 'n pragtige oomblik en diep waardeer deur Morne en Ma.... Morne, ek is so diep gelukkig vir jou!!! Baie geluk vir elke tree wat jy in die lewe neem!

Getuigskrif

Goeie middag Lise,

Vertrou dit gaan goed.
Hiermee wil ek eerste sê vreeslik baie dankie vir die geleentheid en die hulp wat julle aan my verleen om weer te kan loop.
Ek en my bestuurder het verlede Donderdag (09.03.2023) 'n prostotis gaan sien, en ek hoor hy het reeds met julle kontak gemaak. Ek is verskriklik beindruk met hom, en ek kan nie genoeg dankie sê vir die werk wat hy en julle doen – en wat dit beteken dat julle my so graag help om my weer te laat loop nie.
Nogmaals vreeslik baie dankie.

Tia Holtzhausen

bottom of page